Hi everyone
Got a very sad email from a mom regarding her daughter's 15th Birthday. I am sure we can all club in and help this girl. Anyone has a pretty dress? Shoes? Salon who can make her hair and make up?
Please inbox me or contact me on 083 293 1053 if anyone wants to get involved with this.
Goeie more Talana
Hoop dit gaan goed.
Wil jou asb mooi vra. My dogter is vandag 15 en ek kan absoluut niks vir haar doen nie. Finansieel is ek in n groot verknorsing. So erg dat ek die maand nie eens kan kos koop of ons krag kan betaal nie en ook nie my seun se kleuterskool nie. Eks dood van bekomernis.
Ek wil graag he my dogter XXXXXX moet net n lekker bday he. Syt nog nooit iets lekker gehad nie. Ekt ha gese ek kan nie ietsie koop nie en dat sy in plaas van n geskenk kry na die Valentyns dans toe kan gaan by Jeugland. Sys in Gr9 in Jeugland. Die probleem is nou huil sy syt nie n mooi rokkie of skoentjies om aan te trek dans toe nie. Ek kan ook regtig nie bekostig om een te koop nie.
Is daar dalk n manier hoe iemand haar kan help om mooi te lyk daai aand. Asb. Sys regtig n wonderlike kind.
Ek vra asb baie mooi. Ek kon nog nooit iets vir haar doen vir haar bday nie. Ek sal dit regtig vreeslik waardeur as iemand my kan help om die vir haar spesiaal te kan maak.