516 Koedoe Bessie Ave, Helderkruin, Roodepoort, 1724, South Africa Roodepoort, GP1724(map)
About us
Dit is met trots dat ons jou meer vertel van Kruiner Kleuters, 'n splinternuwe Afrikaanse kleuterskool met goeie waardes, morele en standaarde.
Kruiner Kleuters is direk oorkant Laerskool Helderkruin gelee en werk hand in hand met die laerskool om kleuters se oorgang na die "groot skool" maklik en spanningsvry te laat geskied.
Babas vanaf vier maande tot Gr. RR vind eersdaags hier ‘n wonderlike, geborge en stimulerende tuiste waar hulle speel-speel leer.
Ons gaan spog met 'n top onderwysspan, pragtige speelterrein, gebalanseeerde tuisgekookte maaltye en ‘n opwindende jaarprogram propvol pret.
Ons volg die Gautengse departementele skoolrooster en is slegs op openbare vakansiedae en die Desember skoolvakansie gesluit. Gedurende die Julie skoolvakansie sluit ons slegs vir twee weke en daar is 'n prettige vakansieskool vir die res van die vakansies beskikbaar.
Vorderingsverslae word elke semester uitgereik, asook ʼn aanpassingsverslag ná die eerste kwartaal. Daaglikse terugvoering oor slaaptye en voeding word aan ouers van die baba-afdeling verskaf. 'n Wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite word addisioneel aangebied en kleuters het die geleentheid om Rugga te speel, balet te doen of selfs saam met maatjies eksperimente te doen.
Ons bied vier instappies per jaar aan ter verryking van ons kurrikulum. Kruiner Kleuters kan uitsien na 'n besoek van die brandweer, wilde diere, polisie en vele meer.
Familie is vir ons belangrik en heerlike kuiergeleenthede saam met oupa en ouma, mammas en pappas, en selfs ʼn gesinspiekniek word beplan vir spesiale geleenthede. Kruiner Kleuters beloof gehalte, Christelike onderrig met baie liefde en omgee.
Ons doel is om kleuters deeglik voor te berei om eendag ware Kruiners te word. Kontak ons gerus indien julle enige verdere vrae het. Dit is nie ons werk nie, dit is ons passie!