Kabouter-woud is 'n puik kleuterskool vir jou kind(ers). Hier gee ons liefde, aandag en leer ons net so hard soos ons speel.
Ons is 'n privaat kleuterskool wat gebasseer is op Christelike waardes,en waar elke kind regtig saakmaak.
Die kleuterskool is in 2010 gestig deur Marelein Willers, 'n gekwalifiseerde Grondslagfase onderwyserres. Saam met haar werk haar sussie Natasha Oberholster net so hard om die skool so uniek en pragtig te hou soos wat dit is.
By Kabouterwoud is baba's van 3 maande, Peuters, Kleuters tot en met Graad R, baie welkom.
Ons het 'n pragtige speelarea geskik vir al die verskillende ouderdomme en saam met dit het ons baie diere o.a 'n perd, donkie, Emu's, gaanse, bokkies, hoenders en nog baie meer.
Kabouterwoud is oop gedurende vakansies, wanneer ons dan 'n vakansieprogram aanbied vir die kinders. Ons sluit 'n week in Julie en Desembervakansies.
Buite kurrikulêre aktiwiteite sluit in Kiddi Beat, Kinderkinetika en Rekenaars.