Geïnspireer deur die jongste mode tendense, word die reekse plaaslik ontwerp en vervaardig. Kwaliteit materiaal en ervare naaldwerksters verseker dus die standaard van uitnemendheid wanneer jou rok aanmekaar gesit word. Elke bestelling gaan deur talle kwaliteitskontroles om te verseker dat jou rok perfek aan jou sal sit.
Hoe om te bestel:
1) Stuur ‘n e-pos om die nuutste katalogus aan te vra 2) Besluit op die styl en kleur wat jy wil hê 3) Volg die eenvoudige 4 stappe hoe om jouself te meet 4) Plaas jou bestelling